Andriette kom bekoor met ‘n vol akoestiese orkes. Van Rock ‘n Roll, na haar eie treffers, “covers” van haar gunsteling ikone en trots Suid-Afrikaanse musiek wat jou sal laat saam sing, jou nostalgies maak en jou laat skaterlag.

Valiant en ‘n driestuks elektriese band tree weer op in die Atterbury Teater.Hierdie keer vermaak hy julle met sy gewildste ‘Katryn’- liedjies: Jakaranda Strate, Verdwyn, Jy is Opium, Daar’s ‘n Ster, Ek wens jy was hier… klink dit lekker?Ander gunstelinge soos Eyeshadow, Sonvanger, Deur Die Donker Vallei, Duisend Myl Blues kom ook aan die beurt.Maak…

Kom ontmoet vir Karlien en Almero in ‘n vertoning soos geen ander: kaalvoet en weerloos, met stories en musiek uit beide se penne. Dit beloof om ‘n heilige ontmoeting te wees gevul met die sielvolle musiek waarvoor beide bekendstaan, saamgevleg in ‘n unieke vertoning

In 1887 ontmoet Annie Sullivan en Helen Keller mekaar – ’n ontmoeting wat beide lewens onherroeplik verander. Die 25-jarige Annie voel soos ’n gebroke legkaart, verkeerd aanmekaargesit, terwyl die 13-jarige Helen vasgevang is in ’n donker limbo – sonder die vermoë om te sien, te hoor, of te praat. Wat volg, is ’n intense en…