Wie’t Kersfees gekelder_ Kersfees in Julie_ _ Poppekasteater @ Die Centurion Teater
WIE’T KERSFEES GEKELDER?
Kersfees in Julie! | Poppekasteater @ Die Centurion Teater
Bizzy Hands Puppet Company bied met trots aan ’n feestelike, skreeusnaakse poppeproduksie vir die hele gesin!
Datum: Saterdag, 27 Junie
Tyd: 10h00
Kaartjies: R150
Bespreek nou: https://qkt.io/BizzyHandsKersfeesCT26
Geïnspireer deur The Grinch Who Stole Christmas, volg hierdie storie die knorrige Grom Groen wat besluit hy gaan Kersfees vir die hele Ama-dorpsville kelder! Maar met ’n bont klomp karakters — van Miemsie en Ouma Liefie tot die burgemeester — is dinge nie so eenvoudig nie…
Met humor, satire en lekker saam-sing liedjies leer hierdie poppeproduksie die kleinspan dat Kersfees oor meer gaan as net presente en eet. Dis ’n hartroerende én skreeusnaakse storie wat wys waaroor die fees werklik gaan.
’n Moet-sien Kersfees in Julie ervaring vir die hele gesin!
#KersfeesInJulie #WieHetKersfeesGekelder #BizzyHands #CenturionTeater