Tollie Parton – TOTTIE en nie verder nie! _ Die Centurion Teater
TOLLIE PARTON: TOTTIE EN NIE VERDER NIE!
Terug op populêre aanvraag!
Tollie Parton was nog altyd die té eerlike vriendin wat mense kwaad maak en sê sy is vir niks en niemand bang nie… maar is dit regtig so?
Datums: 20 & 22 Augustus 2026
Kaartjies: R250 pp
Bespreek nou: https://qkt.io/TolliePartonCTAug26
In hierdie nuutste aflewering glip die waarheid egter uit. Selfs ’n vreeslose fopdosser is soms weerloos teen natuur — en teen liefde. Wie is die man wat haar hart kom steel het? Is dit Steve? Watter Steve? En hoe lank gaan hierdie sagte kant van Tollie hou?
Soos altyd bring sy skerp humor, groot bek en onverwagse eerlikheid — want daar is niks wat die liefde en ’n skaaptjop nie kan fix nie.
Teks: Wynand Kotze en Anne Hirsch
Musiek: Loki Rothman
Tydsduur: 70 minute
Geen sensitiewe kykers en geen onder 18’s
#TollieParton #TottieEnNieVerderNie #CenturionTeater