Louis Loock sing Elvis

Louis Loock sing Elvis

Aanhangers word uitgenooi om die onvergeetlike vertoning te beleef, waarin die
bekende Suid Afrikaanse kunstenaar, Louis Loock hulde bring aan die legendariese
koning van Rock & Roll.
Louis Loock se Elvis-vertoning is meer as net ‘n blote nabootsing – dit is ‘n viering
van Elvis se musiek, charisma en nalatenskap. Met kragtige sang, spesiaal
ontwerpte kostuums en ‘n energieke verhoogaanbieding, bring hy die gees van een
van die grootste kunstenaars wat die wêreld nog opgelewer het.
Gehore kan uitsien na ‘n aand gevul met Elvis se grootste treffers, wat van sy vroeë
rock en roll treffers, tot die tydlose ballades en konsertgunstellinge.
Louis Loock se vertoning spreek nie net tot toegewyde Elvis aanhangers nie, maar
ook tot ‘n nuwer geslag wat sy musiek ontdek. Elke vertoning is sorgvuldig
saamgestel en maak gebruik van kitaar en baskitaar spelers om hierdie
buitengewone loopbaan te vereer.
“Of jy al jare lank ‘n Elvis-aanhanger is, of sy musiek vir die eerste keer beleef, my
doel is dat elke persoon die vertoning met ‘n glimlag, kosbare herinneringe, en ‘n
titsel nostalgie sal verlaat.”
“Louis Loock sing Elvis” vertoning is ideaal vir teaters, feeste, korporatiewe
funksies, privaat geleenthede, en bied gehore ‘n aand vol opwinding en wêreldklas
vermaak.
  • 00

    days

  • 00

    hours

  • 00

    minutes

  • 00

    seconds

Date
29 Nov 2026
Time
3:00 pm - 5:00 pm
Location
Fairtree Atterbury Teater/Theatre
5th Floor, 4 Daventry St, Lynnwood Manor, Pretoria, 0081
Website https://atterburytheatre.co.za/
Phone +27 12 942 5951

Organizer

Fairtree Atterbury Teater/Theatre
Fairtree Atterbury Teater/Theatre
Phone
+27 12 942 5951
Email
info@atterburytheatre.co.za
Website
https://atterburytheatre.co.za/
Powered by Modern Events Calendar

Leave a Reply