Liewe Heksie word 'Gescam' _ Kinderteater @ Die Centurion Teater

Liewe Heksie word ‘Gescam’ _ Kinderteater @ Die Centurion Teater

🎭 LIEWE HEKSIE WORD “GESCAM”
✨ Kinderteater @ Die Centurion Teater

Liewe Heksie het ’n prys gewen… maar hoe hou mens nou eintlik jou geld veilig?

📅 Datums: 16 – 18 Julie 2026
🕒 Tyd: Sien vertoningskedule
💰 Kaartjies: R140
🎟️ Bespreek nou: https://qkt.io/LieweHeksieCT26

Wanneer Levinia haar prysgeld ontvang, probeer Karel Kat haar leer van finansies, rente en begrotings — maar o wee, dit laat haar kop draai! Met die nare Geelheks wat haar kloutjies op die geld wil kry, lyk ’n bankrekening dalk veiliger… maar is dit regtig vir Liewe Heksie?

Hoe lyk ’n “scammer”? En hoe beskerm mens jou geld as tel en syfers nie jou sterkpunt is nie? Liewe Heksie het julle hulp nodig!

Hierdie opvoedkundige en skreeusnaakse produksie, gebaseer op Verna Vels se geliefde karakters, leer jong en oud oor geld, veiligheid en slim besluite — alles deur die krag van teater.

Teks en Regie: Margit Meyer-Rödenbeck
Met: Eldon van der Merwe en Mia van der Merwe
Vervaardig deur: Start The Conversation™

#LieweHeksie #Kinderteater #CenturionTeater 

  • 00

    days

  • 00

    hours

  • 00

    minutes

  • 00

    seconds

Date
16 Jul 2026
Time
10:00 am - 11:00 am
Location
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0184
Website https://centurionteater.co.za/
Phone +27 0633764982

Organizer

Die Centurion Teater
Die Centurion Teater
Phone
+27 63 376 4982
Email
info@centurionteater.co.za
Website
https://centurionteater.co.za/

Leave a Reply