Joshua na die Reën _ Die Centurion Teater
JOSHUA NA DIE REËN
’n Intieme akoestiese aand vol stories en musiek
Joshua na die Reën en sy mede-musikante bring ’n besonderse akoestiese vertoning na Die Centurion Teater.
Datum: Vrydag, 7 Augustus 2026
Tyd: 19h30
Kaartjies: R265
Bespreek nou: https://qkt.io/JNDRCT26
Hierdie intieme aand nooi gehore om saam te voel en te vloei deur die belewenis van die lewe — dit wat reeds verken is, en dit wat nog wag om ontdek te word. Met stories en unieke musiekverwerkings neem Joshua na die Reën jou op ’n reis na die mooi plekke binne jouself.
Bring jou vriende en familie en kom beleef ’n aand gevul met lirieke wat jou met die natuur verweef, en musiek wat jou met lig in jou wese sal los.