Aletta Francina – Jussie Sussie! _ Die Centurion Teater
ALETTA FRANCINA – JUSSIE SUSSIE
Terug op populêre aanvraag!
Aletta het na ’n ander provinsie toe getrek en… JUSSIE SUSSIE! Die lewe het sommer drasties verander sedert haar vorige show, Effens Anders.
Datums: 22 & 23 Julie 2026
Tyd: 19h30
Kaartjies: R200
Bespreek nou: https://qkt.io/AlettaJulCT26
Hierdie keer is alles groter, vreemder en net ’n bietjie meer absurd. Bekend vir haar skerp, eerlike en heerlik herkenbare humorsin op sosiale media, bring Aletta haar nuutste stories na die verhoog — van nuwe roetines en onverwagse lewenslesse tot daardie oomblikke waar jy net moet lag om nie te huil nie.
Sy lewe kliphard, dink vinnig, en doen deesdae enigiets vir die plot. Kom kekkel saam oor die chaos, die veranderinge en die absolute nonsens van grootmens-wees!
Geen onder 16’s.
#AlettaFrancina #JussieSussie #CenturionTeater