BRENDAN PEYPER @ SILVERSTAR BARNYARD
As ‘n Dubbel-Platinumverkoper met treffers soos “Kyk”, “Rooivlag” en “Moegdans” wat die treffersparades gehaal het, sit Brendan sy suksesvolle reeks voort met ‘n nostalgiese liefdeslied oor jong liefde en die herinneringe wat ons vorm.
“Ou Dae” kyk terug na eenvoudiger tye en roep herinneringe op van alles van Mix-It chats, laatnag Coco Pops en DVD’s voor die kaggel, tot eerste soene, garage bands en sorgvrye avonture.
Met herkenbare lirieke en Brendan se kenmerkende storievertelstyl, vang die liedhie die verlange vas na oomblikke toe die lewe eenvoudig gevoel het en liefde moeiteloos was.
Met sy aansteeklike melodie en onmiskenbare Brendan Peyper-klank, is “Ou Dae” gereed om aanhangers weereens te verras.
Die vrystelling word ook vergesel deur ‘n amptelike musiekvideo wat die liedjie se nostalgiese temas op die skerm tot lewe bring