Eerste vir Alles

Eerste vir Alles

Met: Frank Opperman & Margit Meyer-Rödenbeck.
Eeue nadat hulle uit die paradys gesmyt is, besin Adam en Eva oor die huwelik. Kyk hier, dit was nie maklik om die proto-paartjie te wees nie, hoor? Alles moes vir die eerste keer uitgepluis word: liefde, kinders en huishou. Nou dat die laatlammetjie die huis verlaat het Adam en Eva weer binnekort net mekaar vir geselskap. Sien hulle kans vir nog ‘n honderd jaar saam en sal hulle sondes hulle ontsien? Na baie goed en kwaad het Adam en Eva vir oulaas ‘n appeltjie met mekaar te skil.
Twee van ons land se gedugste storievertellers span kragte saam om die oorspronklike “power couple” te vertolk ’n klassieke geval van “he said, she said.” Eva (Meyer-Rödenbeck), ’n gefrustreerde kunstenaar, kry uiteindelik ’n beurt om haar kant van die storie te vertel, die liefde en leed van die eerste moeder en huisvrou. Adam (Opperman) glo ook nie hy’t dit maklik gehad nie. Die handboek vir menswees is eers na sy tyd geskryf.
  • 00

    days

  • 00

    hours

  • 00

    minutes

  • 00

    seconds

Date
03 Nov 2026
Time
7:00 pm - 9:00 pm
Location
Fairtree Atterbury Teater/Theatre
5th Floor, 4 Daventry St, Lynnwood Manor, Pretoria, 0081
Website https://atterburytheatre.co.za/
Phone +27 12 942 5951

Organizer

Fairtree Atterbury Teater/Theatre
Fairtree Atterbury Teater/Theatre
Phone
+27 12 942 5951
Email
info@atterburytheatre.co.za
Website
https://atterburytheatre.co.za/
Powered by Modern Events Calendar

Leave a Reply