PINOCCHIO SE AVONTURE _ Kinderteater @ Die Centurion Teater
PINOCCHIO SE AVONTURE
Kinderteater @ Die Centurion Teater
Terug na uitverkoopte vertonings in Maart!
“Wees braaf, eerlik en nederig, en eendag sal jy ook ’n regte seuntjie wees!”
Datums: 9 – 11 Julie 2026
Kaartjies: R110
Bespreek nou: https://qkt.io/PinocchioJulCT26
Pinocchio se Avonture bring die bekende en geliefde storie van ’n houtpop met ’n groot droom na die verhoog — vol energie, humor en hart. Wanneer Gepetto se wens waar word en Pinocchio lewendig word, begin ’n reis deur sirkusse, versoekings en groot moeilikheid. Elke keuse bring hom nader aan sy droom… of verder daarvan af.
Hierdie splinternuwe Afrikaanse produksie deur Scenario Productions — die span agter Gouelokkies – Sprokieland Speurder, Avonture van Oz en Jan en die Boontjierank – Die Pantomime — is vol vermaak, pragtige beelde en geliefde karakters.
’n Kinderteater-avontuur vol magie, lag en lesse — perfek vir kinders 3 en op, asook volwassenes van alle ouderdomme. (Kinders onder 3 kyk gratis.)
“So ‘n mooi en kosbare produksie…” – Miché
“We are all children again…” – Jaco
“Great interaction with audience!” – Dorrie
Teks en Regie: Tiaan Kirsten-Lubbe & Lian Sachse
Stel- en Kostuumontwerp: Ashleigh Hilton
Vervaardig deur: Scenario Productions in samewerking met Die Centurion Teater
#PinocchioSeAvonture #Kinderteater #CenturionTeater