TILLIE_MATHILDA - Amanda Strydom & Je-Ani Swiegelaar _ Die Centurion Teater

TILLIE_MATHILDA – Amanda Strydom & Je-Ani Swiegelaar _ Die Centurion Teater

Gauteng-Debuut!

’n Kragtoer musiekteaterproduksie wat stem gee aan vroue wat die samelewing dikwels miskyk.

📅 Datums: 27 – 28 Junie 2026
🕒 Tyd: Sien vertoningskedule
💰 Kaartjies: R285
🎟️ Bespreek nou: https://qkt.io/TillieMatildaCT26

Twee prostitute. Een oud. Een jonk en onvervare. Dis Tillie se eerste nag. Wat volg, is ’n rou, eerlike en soms skokkende blik op desperaatheid, oorlewing en menswaardigheid. Met humor, satire en tragedie word hul stories die universele stem van vroue — ongeag hul omstandighede.

Die storie word verweef met oorspronklike musiek en verwerkings deur Coenraad Rall en Amanda Strydom, en bring ’n unieke teaterervaring wat veel meer as kabaret is — ’n drama wat diep tref en lank by jou bly.

🎭 Benoem vir TWEE Kanna-Pryse by die KKNK 2026!

Teks: Amanda Strydom
Regie: Christo Davids
Musikale regisseur: Coenraad Rall

#TillieMathilda #AmandaStrydom #JeAniSwiegelaar #CenturionTeater

Date
28 Jun 2026
Expired!
Time
3:00 pm - 4:15 pm
Location
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0184
Website https://centurionteater.co.za/
Phone +27 0633764982

Organizer

Die Centurion Teater
Die Centurion Teater
Phone
+27 63 376 4982
Email
info@centurionteater.co.za
Website
https://centurionteater.co.za/

Leave a Reply