Mel die Storieverteller - EMPERORS PALACE BARNYARD - Internet Sensasie

Mel die Storieverteller – EMPERORS PALACE BARNYARD – Internet Sensasie

Mel kom kuier met haar skreeusnaakse stories by Emperors Palace Barnyard!
In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Ouderdomsbeperking: Geen onder 14’s
Venue: Emperors Palace Barnyard
Adres: 64 Jones Road, 1619 Kempton Park, South Africa
Kaartjieprys: R200pp
Vertoning begin: 19h00
  • 00

    days

  • 00

    hours

  • 00

    minutes

  • 00

    seconds

Date

27 May 2026

Time

7:00 pm - 9:00 pm

Location

Emperors Palace Barnyard
Emperors Palace, 64 Jones Rd, Boksburg, Kempton Park, 1627
Website
http://www.barnyardtheatres.co.za/
Phone
+27 11 928 1108

Category

Organizer

Emperors Palace Barnyard
Emperors Palace Barnyard
Phone
+27 71 150 4093
Email
eastrand1@barnyardtheatres.co.za

Leave a Reply